Wellington is een van daardie wynlanddorpe wat jou verras. Benewens die asemrowende berguitsigte en rustige atmosfeer is dit sommer baie maklik om as gesin hier te ontspan en daar is ʼn rits dinge op die doenlysie.
Minder as ’n uur se ry vanaf Kaapstad lê ’n wêreld waar die tempo stadiger raak, die lug skoner voel, en jy sommer vanself begin dink: hoekom kom ons nie meer gereeld hierheen nie?
Een van die lekkerste maniere om Wellington (en die omgewing) te beleef, is om ’n plek te kies wat vir almal werk: ouers wat wil afskakel, kinders wat wil speel, en ’n program wat nie soos vakansie-logistiek voel nie.

© VDC Eat (Pty) Ltd
Website designed and managed by Digital Decoded